Donker maand vir verbruikers waarsku Cosatu

‘n Donker maand wag op verbruikers, het die vakverbond Cosatu gewaarsku.

Cosatu se waarskuwing kom nadat elektrisiteit met minstens 16% duurder is, die petrolprys wat op 4 April met tussen 66c en 71c styg, Metrorail se verhoging van sy tariewe en motoriste in Gauteng wat dalk al van hierdie maand af minstens 30c per kilometer sal moet betaal op die provinsie se hoofweë te ry. ʼn Woordvoerder van Cosatu, Patrick Craven, sê dit is die prys wat verbruikers betaal aangesien openbare ondernemings bestuur word asof dit private ondernemings is wat goeie wins moet maak. Craven sê basiese dienste het onbekostigbaar geraak en is die oorsaak van gewelddadige diensleweringsbetogings in talle gemeenskappe. Hy sê daar is gehalte maar duur dienste beskikbaar in onderwys, gesondheid, openbare vervoer, die verskaffing van water, sanitasie en elektrisiteit vir die ryk minderheid terwyl die arm meerderheid met afgryslike of selfs afwesige dienste tevrede moet wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.