Donna Summer sterf

Donna Summer. Foto: The New York Times

Donna Summer, een van die mees invloedryke sangers van die disko-era is Donderdag op 63-jarige ouderdom oorlede. The New York Times berig sy is aan kanker in Florida dood.

Donna Summer het in die 1970 superster-status verwerf met liedjies soos “Love to Love You Baby” “Last Dance,” “Hot Stuff” en “Bad Girls.” Sy het ook vyf Grammy-toekennings gedurende haar sangloopbaan ontvang.

In ʼn verklaring wat deur haar familie uitgereik is, sê hulle: “Terwyl ons haar dood betreur, vind ons vrede in haar buitengewone lewe en haar erfenis wat gaan voortbestaan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.