Dood tydens skietery in Russiese kerk

Die vlam van die Olimpiese Winterspele word deur Sachalin gedra, onderweg na die spele in Sotsji.

Die vlam van die Olimpiese Winterspele word deur Sachalin gedra, onderweg na die spele in Sotsji.

‘n Non en ‘n ander kerkganger is Sondag in ‘n kerk op die Russiese eiland, Sachalin doodgeskiet, en nog ses mense gewond. Die skieter word aangehou.

Sachalin is ‘n groot ylbevolkte eiland ten noorde van Japan, waarop Japan aanspraak maak.

Hoewel die skieter se identiteit deur die polisie bepaal is, is dit nog nie bekend wat die man se motief was nie.

‘n Skolier het vroeër die maand op die buitewyke van Moskou ‘n onderwyser en ‘n veiligheidswag by ‘n skool doodgeskiet.

Veiligheidsmaatreëls in Rusland is op die oomblik baie verskerp nadat ekstremistiese Moslems gedreig het om terreuraanvalle uit te voer weens die Olimpiese Winterspele wat in Rusland plaasvind. Meer as 30 mense is onlangs in twee selfmoordbomaanvalle in Wolgograd dood.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.