Doodgeskiet terwyl hy deur regmaak ná inbraakpoging

Johan Boekholt (69) is doodgeskiet voor sy huis in Bramley, noordoos van Johannesburg, terwyl hy besig was om die voordeur reg te maak na ʼn vorige inbraakpoging.

LookLocal berig dat Boekholt se liggaam by die voordeur van sy huis gekry is. Karen Boe, Boekholt se dogter, sê haar pa is in die bors geskiet terwyl hy besig was om die voordeur reg te maak nadat drie mans vroeër die dag by die huis probeer inbreek het. Boe sê die mans het later teruggekeer en haar pa doodgeskiet terwyl hy die deur probeer regmaak het. Boekholt sou oor vier maande sy 70ste verjaardag gevier het. Boekholt en sy vrou, Cynthia, was 45 jaar getroud. Die polisie soek intussen na drie verdagtes in verband met die moord op Boekholt.

Bron: LookLocal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Thys ·

Mense dis skokend , dis tyd dat die doodstraf in getoi toi word , hoeveel petiesies met stemme het gevra dat doodstraf teruggebring moet word.
Dis tyd vir swaer gewapende buurtwag om weer her ingestel te word , my innige meegevoel aan die agtergeblewenes

Danie Kriel ·

Geen tronkstraf skrik hierdie sub-mense af nie, want hulle lewe lekker daar op die steeds krimpende aantal belastingbetalers se duur verdiende geld totdat hulle (die boewe) spoedig op amnestie vrygelaat word, of sonder moeite die tronkbewaarders ontwapen en uitstap om weer te gaan moor. Dit, terwyl Clive Derby-Lewis letterlik krepeer in ‘n tronksel vir ‘n daad wat hy nie eens gepleeg het nie! Die sogenaamde regering is vrek bang om ‘n referendum te hou oor die vraag of die doodstraf weer ingestel moet word of nie, omdat te veel van die comrades dan aan die pen sal ry. Ek wil nie die tragedie mbt Oscar Pistorius hier ophaal nie, maar die feit van die saak is dat baie van ons – wetsgehoorsame, gewone mense – agv die daaglikse moordadige aanvalle om 03:00 in die “veiligheid ” van ons slaapkamers al in so ‘n paranoïes toestand gedwing word, dat dit al ‘n outomariese refleks is om te skiet voordat jy vrae vra. My hart gaan uit na die gesin Boekholt. Mag die Almagtige God hulle vertroos!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.