Doodsdreigemente vir klub wat renosterjag-permit wil verkoop

Foto:  Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Foto: Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Die FBI in Amerika ondersoek doodsdreigemente teen lede van ʼn jagklub in Dallas wat ʼn seldsame permit, om ʼn bedreigde swartrenoster te jag, op ʼn veiling wil verkoop.

Katherin Chaumont, ʼn woordvoerder van die FBI, het gesê die agentskap ondersoek talle dreigemente teen die Dallas safari-klub. Die klub beplan om Saterdag die permit, wat deur Namibië toegeken is, op ʼn veiling te verkoop. Die groep het gesê die inkomste sal vir renosterbewaringspogings aangewend word.

“Die FBI is bewus van die dreigemente,” het Chaumont Woensdag gesê. “Indien ʼn federale wet oortree is, sal die nodige stappe gedoen word.”

Ben Carter, uitvoerende direkteur van die klub, het gesê die dreigemente, wat per e-pos aangestuur en op die groep se webwerf gepubliseer is, is moontlik deur mense wat teen jag is.

“My gesin het doodsdreigemente ontvang,” het Carter gesê. “ʼn Aantal van ons lede het ook doodsdreigemente ontvang en dreigemente oor wat sal gebeur indien ons die permit verkoop.”

Nagenoeg 45 000 mense sal na verwagting die veiling bywoon. Die permit is een van vyf wat jaarliks deur Namibië toegeken word. Dit is ook die eerste soortgelyke permit wat buite Namibië toegeken is.

Daar is nagenoeg 4 000 wilde swartrenosters oor, waarvan 1 800 in Namibië is. Die getal was 70 000 in die 1960s.

Volgens Carter sal die permit vir nagenoeg $1 miljoen (sowat R10,7 miljoen) verkoop word.

Daar is ook bykans 50 permitte wat verkoop gaan word vir jag in Suid-Afrika, waaronder een om ‘n leeumannetjie en een om ‘n leeuwyfie dood te skiet. Klik hier om die volledige katalogus te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Izak Kirsten ·

Ek ondersteun die mense wat betaal om renosters wettig te jag. in Die laat sestiger jare was daar net 1800 wit renosters in Suid Afrika oor. Nadat dit wettig geword het om dit te jag het die getalle tot omtrent 20 000 gestyg. As daar waarde op ‘n dier is word dit beskerm. Ons is onder geweldige druk in Suid Afrika wat deur pochers geteiken word wat renosters onwettig jag. Dis nie wettige jagters wat die probleem is nie. Mense maak sensitiewe oningeligte besluite, wat emosioneel is. Kenia het jag gestop, nadat al die jagters wat die areas beskerm het uit is, is renosters geheel en al uitgewis. Indien daar nie ‘n waarde op dierdie swart renosters is nie en geen moontlikheid vir enigeiemand om enige geld terug te kry vir ‘n dier wat amper 40 jaar oud word nie, gaan dit nie voortbestaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.