Doodstraf vir verkragter-moordenaars

hanging1Die vier mans wat daaraan skuldig bevind is dat hulle ‘n 23 jarige fisioterapeut verkrag, aangerand en van ‘n bus afgegooi het, is in New Delhi die doodstraf opgelê.

Die voorval in Desember verlede jaar het skokgolwe oor die wêreld heen veroorsaak, en ook in Indië, waar groepverkragting algemeen voorkom. Die jong vrou, wat uit ‘n arm huis gekom het en wie se ouers hul grond verkoop het om haar studies te betaal, was van die bioskoop af saam met ‘n vriend op pad huis toe. Die vriend is ook aangerand en uit die bus gegooi.

Die vrou is twee weke later in ‘n hospitaal in Singapoer dood waar sy gespesialiseerde behandeling ontvang het.

Die doodstraf word baie selde in Indië opgelê. Dit moet nog deur die hooggeregshof bekragtig word, en die mans kan appelleer.

Verkragting in Indië het die afgelope 60 jaar met bykans ‘n 1000% toegeneem, en na raming word ‘n vrou elke 20 minute in die land verkrag.

Dit is egter veral die probleem van groepverkragtings, en in die besonder van Dalit-vroue wat kommerwekkend is. Die Dalit maak sowat 16% van die bevolking uit, en is ‘n groep wat as “buite die kastes” beskou word. Hulle kom uit al Indië se taal- en godsdiensgemeenskappe. Hulle is gewoonlik arm, maar weens spesiale aansporingsmaatreëls verbeter hul opleiding te midde van groot maatskaplike diskriminasie en selfs weiering tot hospitalisasie en toegang tot skole, en betree die werksvloer. Veral die toenemende aantal Dalit-vroue in die werkplek word deur die ander kastes vir hul eie werkloosheid verkwalik, en dra, volgens vroueregte-organisasies, tot die verkragtingsprobleem by.

In ‘n gerapporteerde hofsaak het die regter ‘n saak teen ‘n middeljarige man uitgegooi omdat die regter nie kon glo dat die man, van ‘n hoër kaste, ‘n Dalit-vrou sou verkrag nie en nog minder voor sy broerskind. Baie politici, senior polisielede en hoogwaardigheidsbekleërs weier om verkragting as ‘n probleem te beskou en beskou dit as verweef in die kultuur.

In die jongste saak se aanloop het ‘n vloedgolf van veroordeling egter oor die land gespoel, en dit lyk of die saak ‘n keerpunt kan bring tot aanvaarding of verdra van die “verkragtingskultuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

MOOI – wens met my hele hart ons kon dit in hierdie land ook toepas !

Waaksaam ·

Sal m@er$e nice wees, ja … maar sal nie gebeur solank die spul narre in beheer is nie !

Amy ·

Goed so!!! Sou graag wou sien hoe hang hulle. Dalk kan hulle dit sommer uitsaai. Oor die hele wêreld?? Of nee, dit sal mos nou barbaars wees, en hulle van ‘hulle eer skend.’

Jasper ·

Hier in die land waar ek werksaam is, is dit Kop af, vir moord, gewapende roof en verkragting. 56 tot dusvêr die jaar.

Willy ·

Lekker en ek wens hierdie “kaste” swaai ‘n bietjie aan die nekke voor die laaste asem uitgeblaas word!

Justi ·

Toe het die ‘dalk’ doodstraf,tog verander na besliste doodstraf! Dit is al manier van straf vir hul dade. Die gespuis.

vuurvreters ·

Ai wens hulle wil dit regstreeks op sabc nuus uitsaai en ou skeeloog se die doodstraf tree onmiddelik in werking hier in s.a.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.