“Dooie” baba van verassing gered

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Babaseuntjie van Beijing wat dood verklaar is, is gered toe hy, kort voor sy verassing, begin huil het.

Volgens Xinhua, ʼn plaaslike nuusagentskap, het die ouers van die seuntjie, wat nog nie eers ʼn maand oud was nie, ingestem om sy mediese behandeling by die kinderhospitaal in die Anhui-provinsie in oostelike China, te staak.

ʼn Doodsertifikaat is uitgereik voordat die seuntjie na begrafnisondernemers in Hefei, die provinsie se hoofstad, gestuur is.

Dit is nie duidelik hoe lank hy by die begrafnisondernemer was of wanneer sy verassing sou plaasvind nie. Personeel het hom Woensdag hoor huil en hy is dadelik teruggestuur na die hospitaal. “Omdat die seuntjie steeds tekens van lewe getoon het, het ons voortgegaan en hom ‘n bloedoortapping gegee,” het die hospitaal se woordvoerder gesê. Hy is met ernstige respiratoriese misvorming gebore.

Hy het Woensdag steeds behandeling by die hospitaal ontvang.

ʼn Dokter is geskors en ʼn verpleegster is afgedank. “Die voorval sal ondersoek word,” het die hospitaal aan Xinhua gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deana ·

Seker enige ouer se grootste nagmerrie, neem afskeid van jou kindjie, en dan om te hoor hy leef “weer”.

Rondom Lelik ·

Nou is ek nie by jou nie Deana? Nagmerrie om ‘n kind aan die dood af te staan ja, maar baie beslis nie indien die ouer hoor dat die kind nie dood is nie, maar wel lewe.

Amanda Le Roux ·

dit kan gebeur dat n mens dood verklaar word, want daar is geen tekens van lewe nie, geen hartklop, geen asemhaling en geen respetoriese tekens nie, maar na n tyd begin die persoon weer asem haal en die hart begin weer klop…. n dokter en verpleegsters is ook maar net mense en enige mens kan n fout maak… ek laat my nie vertel dit was aspris nie en onthou ens het n Hemelse Vader by wie enige iets moontlik is….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.