“Dooie” bankbaas vasgetrek

Aubrey Lee Price, die bankbaas (L) en die voortvlugtende (R)

Aubrey Lee Price, die bankbaas (L) en die voortvlugtende (R)

‘n Gewese direkteur van die South Georgia-bank in die VSA, wat ‘n jaar gelede deur ‘n regter dood verklaar is, is in ‘n verkeerspadblokkade aangekeer.

Aubrey Lee Price (47) het sowat $40 miljoen (sowat R417 miljoen) van 115 beleggers riskant belê, en byna al die geld is verloor.

Price het in Junie 2012 verdwyn, en die vermoede dat hy dood is, is versterk deur ‘n onsamehangende brief aan sy vriende dat hy van plan is om homself te verdrink.
Die FBI het egter nooit moed opgegee dat Price nog leef nie, en voortgegaan om ‘n wakende ogie te hou.

Price, ‘n voormalige bankier, is nog in 2010 deur sy werkgewers geloof vir sy rol om ‘n ander bank oor te neem. Hy moes glo die ander bank se kapitaal belê, maar het groot bedrae verduister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.