Dooie tier in Benoni gevind

Argieffoto: Phillip Bruwer

ʼn Dooie babatiertjie is Saterdag in die oprit van ʼn huis in Benoni gevind.

The Star het Vrydag berig Chantal Kingsmill het die aand by haar huis aangekom en die 10 week oue dier se karkas in haar oprit gevind en die DBV ontbied.

Isabel Wentzel, ʼn woordvoerder van die DBV, sê die tier is met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan. “Die dier is nie deur ʼn voertuig raakgery of ʼn hond doodgebyt nie. Sy is geskop of met iets geslaan,” het Wentzel aan die koerant gesê.

Dit is in die stadium nie bekend waar die tiertjie vandaan gekom het nie. Die DBV en Groen Skerpioene is besig om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.