‘Dooie vrou’ kontak familie na 34 jaar

ʼn Britse vrou wat in 1975 na Suid-Afrika geïmmigreer het, se familie het gedink sy is dood maar na 34 jaar het sy deur ʼn sosiale netwerk met hulle kontak gemaak.

IOL berig dat Susan Ardron in ʼn ernstige motorongeluk betrokke was ʼn paar jaar nadat sy in Suid-Afrika aangekom het en sedert die ongeluk geheueverlies het. Ardron se familie in Brittanje het gedink sy is dood nadat sy nie weer met hulle kontak gemaak het nie. Sedert die ongeluk het haar geheue egter stadig begin terugkom en na 34 jaar het sy haar familie op Facebook gekontak. Ardron (61) woon steeds in Suid-Afrika en het by verskei gesinne tuisgegaan na die ongeluk. Haar familie probeer intussen vir haar ʼn paspoort kry sodat sy kan terugkeer huis toe. Volgens die berig het Ardron saam met haar man en vier jong kinders na Suid-Afrika gekom. Na die ongeluk kon sy glo nie eers haar eie identiteit onthou nie en het sy glo na haarself verwys as Katie. Haar man het glo kort hierna saam hulle vier kinders na Brittanje teruggekeer. Ardron het met haar familie kontak gemaak nadat sy by ʼn gesin ingetrek en hulle haar op Facebook geregistreer het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.