Dooie vrou na dekade in woning gekry

Die polisie staan die media voor die vrou se woning te woord. Foto: NOS.

Die polisie staan die media voor die vrou se woning te woord. Foto: NOS.

‘n Rotterdamse vrou se lyk is 10 jaar ná sy gesterf het, in haar woning gevind toe ‘n kontrakteur herstelwerk aan die kompleks se gastoevoer gedoen het.

Die Nederlandse media hou nou op verskeie maniere nabetragting oor hoe dit kon gebeur het, en probeer peil of die munisipaliteit van Rotterdam op ‘n manier nalatig was.

Die vrou se rekenings is outomaties van haar pensioen verhaal. Haar dogter het aan die media gesê sy het baie lanklaas met haar ma kontak gehad, omdat haar ma niks met haar te doene wou hê nie.

Ander gevalle het al in Nederland voorgekom waar iemand eers ‘n jaar of meer na afsterwe in hul woonplekke ontdek is, maar hierdie is by verre die langste wat dit nog gebeur het.

Inwoners van die buurt is geskok. Die straat het ‘n aktiewe inwonersgroep, maar selfs dit kon nie voorkom dat die voorval, wat tot in die politiek opslae gemaak het, gebeur het nie. ‘n Buurvrou het gesê hulle het geen onraad vermoed nie. Sy self het bloot aanvaar dat die vrou by haar dogter ingetrek het. Ander berigte lui dat nog geen familie opgespoor kon word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gemsbok ·

Net in Nederland… ‘n Bewys dat humanisme geen plek vir mense het nie.

Flash ·

Lekker rook hulle die oorledene se pensioenfonds! Nou sal die arme stadsraad dit alles moet terug betaal. Tien jaar se rates & taxes in Holland sal seker so ‘n paar miljoen rand wees? (Saamgestelde rente ens.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.