Dooie walvis spoel by Bakoven uit

Argieffoto van ‘n Arnoux snawelwalvis

‘n Dooie, gestrande Arnoux snawelwalvis is Dinsdagoggend by Bakoven in Kaapstad verwyder vir ‘n nadoodse ondersoek.

“Die 6.71m-lange walvis is Maandag deur lede van die publiek opgespoor,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampbestuureenheid, gesê. “Soogdier-deskundiges van die oseane en kustak van die departement van omgewingsake het vasgestel dat die walvis, wat op die strand uitgespoel het, reeds dood was.” Die karkas is na die departement se navorsingsentrum geneem vir ‘n nadoodse ondersoek om die oorsaak van sy dood te bepaal. “Daar is aanvanklike aanduidings dat die walvis infeksie in van sy spiere gehad het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.