Vyf dosente en vier studente by ‘n Verdere Onderwys en Opleidingskollege in Mpumalanga is vir korrupsie in hegtenis geneem.
“Die studente is Woensdag glo met eksamenvraestelle by hul koshuis betrap wat uitgelek het,” het kaptein Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Die dosente het glo die vraestelle verkoop. “Die polisie het op rekenaars en sommige eksamenvraestelle beslag gelê,” het hy bygevoeg. Ramaloko sê die dosente is nie by die SA Raad van Opvoeders geregistreer nie. Die groep sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Witbank verskyn.