Dossiere by KZN-polisiestasie gesteel

imagesDie KwaZulu-Natalse polisie het bekend gemaak dat 95 dossiere uit die Alexandraweg-polisiestasie in Pietermaritzburg gesteel is.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die inbraak het op 29 Januarie plaasgevind. Hy sê ʼn speurder by die polisiestasie het omstreeks 7:30 die oggend vir diens aangemeld en gesien sy kantoordeur is oop. “Hy het by nadere ondersoek gesien dat 95 van sy dossiere, wat aanklagte van diefstal, kwaadwillige saakbeskadiging en dronkbestuur insluit, gesteel is.” Zwane sê daar was geen gedwonge toegang tot die kantoor verkry nie. “Daar word vermoed dat die ondersoekbeampte sy kantoordeur omstreeks 16:00 op 28 Januarie gesluit het en die volgende dag met sy terugkeer gesien het daar is ingebreek.” Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. “Die diefstal van die dossiere sal nie ʼn impak op die ondersoeke hê nie aangesien die dossiere geskandeer word. Elektroniese afskrifte van die dossiere is beskikbaar en die inligting van die dossiere is op die stelsel,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Amazing. Gerieflik – En die polisie bou voort aan hulle rekord van pateties! En geen haan sal ook hierna kraai nie.

Jasper ·

Die korrupte gemors werk daar tussen hulle. Word daar aksie geneem teenoor veranrtwoordelike beamptes ? Nee, hulle kry eerder bevordering.

GawieM ·

Lekker inside job. Iemand se bankrekening het ‘n helse hupstoot gekry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.