“Draagbare hospitaal” beïndruk

Tempus_Pro_telemedicine_device_medium

Die Tempest Pro

Pasiënte in selfs die mees afgeleë dele van die wêreld kan nou toegang kry tot die hoogste kwaliteit mediese monitering met ʼn nuwe draagbare telemediese toestel.

Die Tempest Pro is deur ‘n Britse maatskappy ontwikkel met die ondersteuning van die Europese Ruimte-agentskap (ESA), het die ESA in ʼn verklaring gesê.

Deur satellietkommunikasie kan dié robuuste draagbare telemediese toestel onder meer vir EKG’s ingespan word, kan as ‘n digitale stetoskoop dien en bied talle ander funksies eie aan hospitale, en op presies dieselfde gehalte. As sekere toetse nodig is, word die nodige bykomstighede bloot aan die toestel gekoppel, en sy funksie verander.

Die toestel is pas ses weke lank aan intensiewe toetse onder uitdagende omstandighede in Algerië en Nigerië onderwerp, en het met vlieënde vaandels geslaag.

Boonop dien die toestel ook as kommunikasie-instrument, en kan ook ‘n GPS-diens lewer.

Die volledige mediaverklaring kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.