Dean Cronjé (12) van die Drakensberg-seunskoor wat Dinsdag ernstig beseer is ná ʼn ongeluk by die De Hoek-tolplaza, sterk in die hospitaal aan.
“Alhoewel Dean in ʼn stabiele toestand is, en goed op behandeling reageer, sal dit nog ʼn paar dae neem voordat dokters ʼn duidelike verklaring oor sy toestand kan maak,” het Garth Kemp, bemarkingsbestuurder vir die koor, gesê. Anton Redelinghuis, uitvoerende hoof van die koor en Kemp het Dean Woensdag in die Unie-hospitaal in Alberton besoek.
Dean was saam met sy ouers in hul motor oppad na Johannesburg om aan die Jennifer Rush-konsert deel te neem toe die Drakensberg-skoolbus hulle motor by die De Hoek-tolplaza van agter getref het. Sy ouers en die passasiers in die bus is ongedeerd, maar hy is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas. Klik hier om meer te lees.