Dranktrok aan die brand

Foto: Twitter

ʼn Swaarvoertuig het Vrydagmiddag in Lynnwood, Pretoria, aan die brand geslaan en die stad se nooddienste vra motoriste om die gebied te vermy.

Die insident het naby die kruising van Lynnwoodweg en Solomon Mahlangurylaan (voorheen bekend as Hans Strijdom) plaasgevind.

Volgens Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, is nooddienswerkers op die toneel en die brand is onder beheer. Hy het egter motoriste versoek om die toneel te vermy aangesien hulle nie seker is of die vrag plofbaar is nie.  Na wat verneem word, is dit ʼn swaarvoertuig van die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) wat alkohol vervoer het. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.