ʼn Drankwinkeleienaar is Donderdagaand buite sy winkel in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Kaptein Jackson Manatha, ʼn woordvoerder van die polisie, het Vrydag gesê die voorval het in Willowvale plaasgevind. “Die man was besig om sy voertuig buite sy winkel te was toe vier gewapende mans hom genader het,” het Manatha gesê.
Sy dogter, wat tydens die voorval in die winkel was, het skote gehoor en na buite gehardloop. Die verdagtes het die man se voertuig gesteel en van die toneel gevlug. Hy is op die toneel dood. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.