Drawwer kritiek na voertuig haar tref

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat ʼn voertuig haar Saterdagoggend raakgery het terwyl sy gedraf het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder vir Netcare911, het die voorval omstreeks 06:00 in Waterkantweg, in die noorde van Durban, plaasgevind.

“Die vrou is in haar vyftigs. Sy het gaan draf toe die voertuig in haar vasgery en haar teen ʼn muur vasgepen het,” het Botha gesê.

Die vrou is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Umhlanga-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Dit is nog nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.