Drawwers dood: Bestuurder gevonnis

Sibusiso Langa Foto: Christine Vermooten, Citizen

Sibusiso Langa Foto: Christine Vermooten, Citizen

Die meganiese ingenieur wat skuldig bevind is nadat hy ses drawwers twee jaar gelede met sy sportnutsvoertuig in Midrand, Gauteng, doodgery het, is gevonnis, het The Star Donderdag berig.

Regter Bert Bam het Sibusiso Langa (47) Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof tot 12 jaar tronkstraf gevonnis. Die regter het ook beslis dat Langa se rybewys gekanselleer moet word.

The Star berig Bam het gesê ware berou sou Langa se saak gehelp het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
annette

Hoekom het dit 2 jaar geneem voor hy gevonnis was. hoeveel van ons geld moes opgedok word vir die saak. ok hy kry 12 jaar dan kom hy vroeg uit vir goeie gedrag.

AmY

Lyk nie vir my of hy berou het nie? Of lees ek sy lyftaal verkeerd?