Drawwers ter ruste gelê, bestuurder kry borg

Die vyf drawwers wat verlede Saterdag dood is toe ‘n beweerde dronkbestuurder in hulle vasgery het, is tydens vier afsonderlike begrafnisdienste ter ruste gelê.

Moroese Mokoatsi (34), Reneilwe Lesenyeho (31), Given Mills (30), Isaac Tlale (37) en Nomvula Dumako (35) is in die ongeluk dood. ʼn Sesde drawwer is ernstig beseer en word steeds in die hospitaal behandel. Dumako en Mokoatsi is tydens ʼn gesamentlike roudiens in Welkom in die Vrystaat begrawe. Lesenyeho is in Pretoria begrawe terwyl Mills en Tlale onderskeidelik in Limpopo en Noordwes begrawe is. Honderde roubeklaers het die begrafnisdienste bygewoon. Die bestuurder, Sbusiso Langa, is verlede week op borgtog van R80 000 vrygelaat. Volgens Langa se borgvoorwaardes mag hy nie bestuur terwyl hy op borg is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.