Drie blinde studente weggewys

nmmu 3Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth het die aansoeke van drie blinde studente afgekeur, aangesien hy nie oor die hulpbronne beskik om hulle te help nie.

“In hierdie stadium bied die NMMU nie toegang tot studente wat heeltemal blind is nie, aangesien die universiteit nie oor die nodige hulpbronne beskik om hulle by te staan nie,” het Roslyn Baartjies, woordvoerder vir die universiteit, gesê.

“Ons bied egter toegang aan gesiggestremde studente en die eenheid vir gestremdes se vyfjaarplan is uiteengesit hoe om toegang te bied aan ʼn algeheel blinde student.”

Die Franse persagentskap Agence France-Presse (AFP) het Vrydag berig dat die drie studente in Julie aansoek gedoen het by die universiteit. Die studente, Avukile Jeke (21), Lubabalo Sapepa (21) en Yanelisa Ginida (19) is teleurgesteld deur die universiteit se besluit.

“Wat vir my die ergste is, is dat ek nie afgekeur is omdat my uitslae nie goed genoeg was nie, maar weens iets wat ek nie vir myself gekies het nie,” het Jeke aan AFP gesê.

Hulle wou in Augustus ʼn aanlegtoets aflê, maar is aangesê dat dit nie moontlik is nie, het die AFP verder berig.

Ncebakazi Siziba (22), wat gedeeltelik blind is, is toegelaat, maar sy is ook teleurgesteld dat haar klasmaats nie aanvaar is nie. “Ons was saam in die hele aansoekproses,” het Siziba gesê.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.