Drie brande in JHB laat talle dakloos

Argieffoto

Sowat 83 mense is dakloos gelaat deur drie afsonderlike brande in Johannesburg Saterdagaand.

In die eerste voorval het elf plakkershutte in Alexandra omstreeks 20:00 afgebrand en 30 mense dakloos gehad, het die Johannesburgse nooddienste Sondagoggend gesê.

Robert Muaudzi, die nooddienste se woordvoerder, sê die brand het in ʼn plakkershuis uitgebreek en vinnig na die ander tien huise versprei. Die tweede brand het omstreeks 21:00 in Diepsloot uitgebreek en 13 mense dakloos gelaat. Die derde brand het 13 huise in die Malvern Jumpas informele nedersetting verwoes. Die brand het omstreeks 22:00 uitgebreek en 40 mense dakloos gelaat. Niemand is in die brande beseer nie.

Saterdagaand het die kwik tot by 4 grade Celsius gedaal. Daar word vermoed dat die brand in Diepsloot veroorsaak is deur ʼn brandende paraffienstoof wat alleen gelos is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

In meeste gevalle word baie simpatie en deernis aangewakker vir die slagoffers wat deur brande haweloos gelaat is – natuurlik verkeer hulle in ‘n onbenydenswaardige posisie, maar is hulle ongelukkig die slagoffers van hul eie nalatigheid hetsy deur kerse, stofies ens onbewaak te laat of in sommige gevalle is die brande die gevolg van onwettige kragtappery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.