Twee mans en ʼn vrou is Donderdag in Durban in hegtenis geneem nadat hulle onwettig alkoholiese produkte gemaak en verkoop het.
Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het Vrydag gesê alkoholprodukte ter waarde van R120 000 is in hul besit gevind. Die mense is in Umlazi vasgetrek. “Die drie het hul alkoholiese drankies as ʼn bekende handelsmerk verkoop,” het Ramaloko gesê.
Die verdagters moet binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en oortreding van die wet op vervalste goedere.