Drie “brouers” kry ontnugtering

Twee mans en ʼn vrou is Donderdag in Durban in hegtenis geneem nadat hulle onwettig alkoholiese produkte gemaak en verkoop het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het Vrydag gesê alkoholprodukte ter waarde van R120 000 is in hul besit gevind. Die mense is in Umlazi vasgetrek. “Die drie het hul alkoholiese drankies as  ʼn bekende handelsmerk verkoop,” het Ramaloko gesê.

Die verdagters moet binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog  en oortreding van die wet op vervalste goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.