Drie Chinese vas vir besit van renosterhoring

Argieffoto

Drie Chinese toeriste is Donderdag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring en tik in hul besit gevind is.

Kapt. Paul Ramaloko, ʼn woordvoerder van die Valke, sê die eenheid het op ʼn wenk van die publiek reageer. Twee mans, onderskeidelik 30 en 39 jaar oud, en ʼn 28-jarige vrou is in ʼn hotelkamer vasgetrek met die onwettige items in hul besit.

“Die horing se waarde is sowat R120 000. Die tik het ʼn geskatte straatwaarde van sowat R1 500,” het Ramaloko gesê.

Die drie verdagtes was besoekers in die land. Dit is nog nie bekend of hulle deel van ʼn smokkelsindikaat is nie.

Hulle moet Vrydag in die Germiston-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ʼn renosterhoring en dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.