Drie dood, 13 beseer in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood en 13 ernstig beseer nadat ʼn minibustaxi Saterdagoggend in Inanda, noord van Durban, KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, sê die taxi het net voor 6:00 Saterdagoggend naby Ohlange omgeslaan. “Drie mense is deur paramedici op die toneel dood verklaar.” McKenzie sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Hy sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.