Drie dood ná pensioen-skietery

Twee sekuriteitsbeamptes en ‘n pensioenaris is Vrydag in ‘n skietery in Durban doodgeskiet.

“’n Groep mans het by ‘n pensioen-uitbetalingspunt in die Lindelani-gebied in KwaMashu, Durban, begin skiet,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesie. “’n Pensioenaris is op die toneel dood en twee sekuriteitsbeamptes het by ‘n nabygeleë kliniek, waarheen hulle ná die skietery geneem is, aan hul wonde beswyk. Drie ander mense is gewond.”

Volgens Zwane is een van die gewapende mans in hegtenis geneem. Die ander het gevlug. “Die sekuriteitswagte se wapens is deur die aanvallers afgeneem, maar niks van die pensioengeld is gesteel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.