Drie dood, talle beseer in De Doorns-botsing

Die foto is deur @hanrovt op Twitter geplaas.

Drie mense is dood en 21 beseer na ʼn botsing tussen ʼn bus en ʼn taxi op die N1 in De Doorns in die Wes-Kaap.

Keri Davids, woordvoerder van die nooddienste, sê sewe kinders en ʼn baba is onder die beseerdes. Sy sê die botsing het Donderdagaand plaasgevind en dat die oorsaak van die botsing nog nie bekend is nie. Intussen word daar berig dat een van die voertuie se band gebars het. Davids sê die drie oorledenes was passasiers in die taxi. Die beseerdes is na die Worcester-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.