Drie dood, talle beseer in ongeluk

Drie mense is dood en vier kritiek beseer toe ʼn minibustaxi op die N14 naby Kuruman in die Noord-Kaap omgeslaan het.

Volgens ER24 het ʼn verdere 11 passasiers beserings opgedoen. ʼn Paramedikus wat nie aan diens was nie het op die ongelukstoneel afgekom en onmiddellik hulp ontbied. Die taxi was glo op pad na ʼn myn in die omgewing en het meeste van die insittendes glo by die myn gewerk. Twee van die oorledenes was onder die taxi vasgekeer terwyl al die insittendes uit die taxi geslinger is. Al die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.