Drie dood, tien beseer in Alberton-ongeluk

Foto: @Ray_Ellis11/Twitter

Drie mense is dood en tien mense is beseer nadat ʼn motor teen ʼn bakkie gebots het in Alberton aan die Oos-Rand.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die motor het agter in die bakkie vasgery. Die bakkie het passasiers agterop gehad. Drie van die bakkie se passasiers is op die toneel dood en drie is kritiek beseer. Steinmann sê sewe mense is ernstig beseer insluitend die bestuurder van die motor. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.