Drie dood, vyf beseer in botsing

Foto: ER24

Drie mense is Vrydagmiddag dood en vyf beseer in ʼn botsing waarby ses motors betrokke was op die R59 in Vaalpark naby Sasolburg.

Andre Visser, woordvoerder van ER24, sê dit blyk dat die bestuurder van een van die motors beheer verloor en in aankomende verkeer ingeploeg het. “Vyf ander motors was by die botsing betrokke. Meeste van die voertuie het erge skade opgedoen en een van die voertuie het omgeslaan en op sy sy tot stilstand gekom.” Visser sê drie mans, tussen die ouderdomme van 25 en 35, is op die toneel dood verklaar. ʼn Bestuurder van een van die motors moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Hy en die ander vier beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.