Drie dosente gepos ná seksuele teistering by Wits

Universiteit van die Witwatersrand

Universiteit van die Witwatersrand

Die Universiteit van die Witwatersrand het hul ondersoek oor klagtes van seksuele teistering afgehandel.

“Die universiteit het vier sake ondersoek van akademici wat aangekla is van seksuele teistering,” het prof. Adam Habib, vise-kansellier en hoof van Wits, in ʼn verklaring gesê. “Drie van die beskuldigdes is met onmiddellike effek afgedank ná tugverhore.”

ʼn Vierde dosent het uit sy eie bedank.

“Dit bring nou die individuele sake tot ʼn einde,” het Habib gesê. “Dit bied ook aan ons die geleentheid om dit te benadruk dat die universiteit geen vorm van seksuele teistering sal duld nie.”

Habib het weereens om verskoning gevra vir almal wat deur die voorvalle geraak is. “Mag hierdie vreeslike ervarings nooit weer herhaal word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.