Die Emfuleni-munisipaliteit sal ondersoek instel om te bepaal waarom drie mense bo-op mekaar in een graf by Evaton-begraafplaas in die Vaal begrawe is, het die Daily Sun berig.
Klaas Mofomme, woordvoerder vir die munisipaliteit, het aan die koerant gesê die drie persone is in dieselfde graf begrawe sonder die eerste persoon se familie se medewete.
Loni Xosho, inwoner van Sebokeng, het gesê sy het 13 jaar gelede ontdek dat ʼn vrou, wat nie verwant is aan haar familie nie, bo-op haar pa begrawe is. “Dit het in 2000 gebeur en hulle het intussen die vrou se dogter ook bo-op my pa begrawe.”
Sy sê personeel by die Evaton-begraafplaas het ʼn dokument aan haar gewys wat aandui dat drie mense in die graf begrawe is. Sy probeer al die afgelope 10 jaar ʼn verduideliking kry. “Hulle bly vir my sê dat die mense wat destyds by die begraafplaas gewerk het, toe die teraardebestellings plaasgevind het, oorlede is,” het Xosho gesê.
-SAPA
Uiters swak kommentaar.
Dagsê
Ons vra om verskoning dat daardie kommentaar steeds gewys het. Ons het dit gister reeds afgehaal en bevestig dit is af, maar ‘n tegniese fout moes ingesluip het en dit het weer verskyn.
Ons het dit nou weer finaal uitgevee en vertrou dit sal nie weer verskyn nie.
Groete
Suné van Heerden
nms Maroela Media
Suur pruime moet daar ook wees. Indien mens nie meer die humor in iets raaksien nie is depressie baie naby
Dis jammer dat sulke goed gebeur. Baie jammer. Sal die te wyte wees aan swak admin? Of ‘n ‘human error?’ Of sommer net plein stupitgeit?
Oe eh eh!!!
AmY geld doen snaakse goed. Dink drie mense betaal vir een graf. Ek dink dit gebeur meer as wat ons besef.
Ek dink ook so GawieM. Lekker geldmaakstorie hier. Lekker korrup.