Drie erken gru-moord waarin 12-jarige in kookwater gegooi is

Tony Viana, sy vrou, Geraldine, en hul seun, Amaro Jose. Saam hulle is Gabriela Correia, Tony se dogter uit sy eerste huwelik. Foto: Facebook

Drie mans het gister in die hof skuld erken aan die voorval waartydens die Viana-gesin van Walkerville, naby Johannesburg, wreedaardig vermoor is.

Amaro Jose Viana (12), sy ma, Geraldine (42), en pa, Tony (53), is op 1 Oktober 2011 by hul huis vermoor. Amaro se voete, hande en mond is toegebind waarna hy in ’n bad vol kookwater gegooi is om te verdrink. Geraldine is herhaaldelik verkrag en geskiet. Tony is aangerand en ook geskiet. Die gesin se hond het vreeslik geblaf tydens die voorval en is doodgemaak deur sy buik oop te sny.

Patrick Petrus Radebe (24), die gesin se tuinwerker, Sipho Mbele (21), hul huiswerker se seun, en Sphiwe David Motaung (20) het Dinsdag in die Vereeniging-streekhof skuld beken op alle aanklagte teen hulle, berig Beeld.

Charmaine Castleman, die drie se prokureur, het gister uit haar kliënte se verklaring voorgelees dat hulle by die Viana-woning ingebreek het om besittings te steel en sodoende Geraldine “terug te kry” oor die manier waarop sy hulle behandel het.

Mbele en Radebe het skuld beken op aanklagte van huisbraak met die opset om te steel, roof met verswarende omstandighede, verkragting, drie klagte van moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en opsetlike saakbeskadiging. Motaung het skuld beken aan huisbraak met die opset om te steel, roof met verswarende omstandighede en opsetlike saakbeskadiging.

Vonnisverrigtinge sal op 6 September begin.

Lees meer hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justin ·

Fok man,3 x 9mm patrone is oppi meeste R45,00 dan is als verby,nu gaan sit di lafaards in di tronk en ek en mede belasting betalers moet vir hul sorg en nu het hul nog meer mense regte,wat van daai gesin se mense regte??Sulke goed maak my erg di bliksem in,swart werf gemors!!!

Mike ·

Hier kom die woorde “tuinwerker” en “huiswerker” weer na vore, wanneer die blanke ooit eendag uitvind dit is onnodig om sulke goed aan te hou sal dit te laat wees soos vir hierdie mense die geval was.

Ronel ·

Ek doen maar eerder my tuinwerk self, dis meeste die tuin mense wat betrokke is by sulke gevalle. Ek voel net vreeslik vir die gesin se familie wat nou so lank moet wag sodat die 3 beskuldiges gevonnis moet word, kry dit gedoen, hoekom nou weer uitstel na September. Hulle weet hulle is skuldig so vonnis hulle, maar nee elke saak word uit gerek, nog meer tyd dat al die papier werk verlore kan raak. Dood straf moet verseker weer terug kom, die tronke is te vol en die moord en verkragting word al hoe erger!

Santi ·

Dit is vir my die verskriklikste wreedste ding. Ek is die een wat altyd my man en ander oor die vingers tik oor hulle blatante rassisme. Maar na ek die artikel gelees het het ek so n geweldige haat in my gevoel vir die mense!! Hoe moes daai kind voel. Sy ma word verkrag terwyl een op haar kop staan, en dan geskiet sy pa word in die kop geskiet hy word vasgebind en in kookwater verdrink!! Hoe het sy longe gevoel hy het verbrand en verdrink terselfdertyd. Ek stem saam met Mike dat huiswerkers en tuinwerkers nie eers meer oorweeg moet word nie. Ek gee soms vir n swart vrou n ” piece-joppie” omdat ek haar ken en haar finansieel wil help sonder om aalmoese uit te deel. Die artikel laat my self daai “barmhartigheid” heroorweeg. Ek wens ek kon hulle grynslag van hulle gesigte verwyder met n vlymskerp lem!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.