Drie familielede sterf in bylaanval

Argieffoto

Argieffoto

Die seun wat sy familie Sondag met ʼn byl aangeval het, is ʼn man van 25.

Maroela Media het Sondag berig die seun het die familie aangeval. Die polisie kon in daardie stadium nog nie die man se ouderdom bekend maak nie.

Die 25-jarige man het glo sy 60-jarige ouma, twee vroulike familielede, onderskeidelik 26 en 28 jaar oud, en twee neefs, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, met ʼn byl aangeval. Die voorval het in Orange Farm X1 in Lakeside, Johannesburg, plaasgevind.

“Hulle het almal kopbeserings opgedoen,” het kapt. Disebo Selepe gesê. “Die 26-jarige en 28-jarige vrouens is op die toneel dood. Die ouma het op pad na die hospitaal aan haar beserings beswyk.”

Die twee nefies is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Hulle is steeds in ʼn kritieke toestand.

Die man het glo ook ʼn sesjarige familielid aangeval, maar sy kon ongedeerd ontsnap.

“Die man het gevlug, maar is later in Tembisa in hegtenis geneem,” het Selepe gesê.

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

Die man sal binnekort in die Vereeniging-streekshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.