Drie Gauteng-‘rowers’ vas

Drie mense is Donderdag in hegtenis geneem vir ‘n reeks rooftogte in Gauteng.

“Die drie mans word aan verskeie misdade in Douglasdale, Ivorypark en Sandton verbind,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng gesê. “Een van die verdagtes is tans op parool vir ‘n gewapende roof in Wierdabrug.”

Die polisie het die verdagtes vasgetrek nadat hulle ‘n kontantonttrekking van R9 000 van ‘n gesteelde kredietkaart opgespoor het. Die polisie het ook beslag gelê op ‘n Pajero-voertuig wat vermoedelik in Midrand gekaap is.

Een man wat ook aan die misdade verbind kan word, is steeds soek.

Die mans sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Krugersdorp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.