Drie geskiet in “liefdesdriehoek” tussen polisielede

ʼn Polisiesersant en ʼn vrou is Woensdagaand deur ʼn metropolisiebeampte in Pretoria geskiet, waarna die beampte homself geskiet het. Dit wil voorkom asof dié drie in ‘n liefdesdriehoek gewikkel was.

LookLocal Pretoria East berig die voorval het in Vlokstraat in Sunnyside plaasgevind.

Kaptein Pinky Tshinyane, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, sê die sersant en die vrou was in ʼn Corsa-bakkie wat langs die straat geparkeer was. Die metropolisiebeampte het hulle genader en die man en vrou in die bolyf geskiet, waarna hy homself geskiet het.

“Die vrou is in ʼn stabiele toestand, maar albei die mans is kritiek. Twee sake van poging tot moord is oopgemaak,” het Tshinyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.