Drie gevang wat glo 83-jarige verkrag

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n 83-jarige vrou in Vryburg verkrag het.

Die bejaarde vrou is Donderdagaand omstreeks 22:00 in die Morolong-dorpie in Madibogo, Vryburg aangeval. Volgens sersant Kelebogile Moiloa, woordvoerder van die polisie, was die vrou alleen in haar huis toe drie verdagtes, onderskeidelik 22, 27 en 37 jaar oud, haar venster gebreek en só toegang tot die huis bekom het. Een verdagte is beseer toe hy in die huis ingekom het en hy het sy bloed het oral in die huis gemors. Die drie verdagtes het na die vrou se slaapkamer gegaan om geld by haar te steel. Die vrou het gesê dat sy nie enige geld in die huis hou nie.

Een van die verdagtes het, na bewering, begin om die vrou te verkrag terwyl die ander twee glo die huis deursoek het. Die ander twee het die vrou glo ook verkrag. Een van die verdagtes het ‘n tuisgemaakte bier gedrink en het die leë boksie in die huis gelos.

Die verdagtes het na die voorval by die voordeur uitgeloop.

Die vrou het haar bure ontbied en sy is in Madibogo-hospitaal opgeneem. “Sy het inwendig gebloei en het kneusplekke aan haar keel gehad, aangesien die verdagtes haar op haar keel vasgedruk het terwyl hulle haar verkrag het,” het Moiloa gesê.

Die polisie in Madibogo is ontbied en hulle het dadelik stappe gedoen. Hulle het na nabygeleë kroeë gegaan en een verdagte in hegtenis geneem, wat hulle na die twee ander verdagtes gelei het. Die een verdagte het steeds gebloei en het bloed op sy broek gehad.

Die drie verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Madibogo verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.