Drie in hof na hulle glo man vermoor, in yskas prop

Drie mans wat na bewering ʼn man vermoor het en sy lyk in ʼn yskas geprop het, het Maandag in die Kimberley landdroshof verskyn, berig Volksblad.

Tonie Swanepoel (59), ʼn afgetrede ingenieur, is Vrydag op sy kleinhoewe in Ritchie naby Kimberley doodgesteek. Drie verdagtes is kort na die moord in hegtenis geneem. Hulle word aangekla van moord, diefstal en huisbraak. Die saak is tot 23 September uitgestel vir ʼn borgaansoek. Swanepoel is na bewering 35 keer met ʼn skerp voorwerp in die bors en rug gesteek. Sy ma is glo in 1996 in dieselfde huis verkrag. Sy moordenaars het glo kosgemaak nadat hulle hom in die yskas geprop het. Daar is glo voorheen in Swanepoel se huis ingebreek.

Lees die volledige storie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.