Drie in hof na moord op baba, dagmoeder

Die drie verdagtes wat aangekla word van die moord op die vyf maande oue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede (66), het gister in die Delmas-landdroshof verskyn.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, sê die saak teen Enock Mbele (44), Lazarus Mabhena (54) en Fernando Marintse (27) is tot 17 Julie uitgestel vir ʼn formele borgaansoek. Hlathi sê die polisie soek intussen steeds na Themba Ephraim Mahlangu (28), wat as De Goede se tuinier gewerk het, aangesien hy hul moontlik in die ondersoek kan bystaan. Enigiemand met inligting oor waar Mahlangu hom moontlik bevind kan kapt. Manie van Zyl kontak by 082 782 3102. Botes en De Goede is verlede maand in ʼn huis in Delmas vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae