Drie in hof oor padwoedevoorval

Argieffoto

Johnny van Eeden (22), Ernest Hartzenberg (23) en Mossie Moss (40) verskyn vandag in die Middelburg-landdroshof na ʼn beweerde padwoedevoorval die afgelope naweek.

Lt.kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, sê die mans het hulself na die voorval aan die polisie oorgehandig en is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Hulle verskyn vandag in die hof op aanklagte van aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle het ʼn teenklagte van kwaadwillige beskadiging van eiendom en onsedelike aanranding aanhangig gemaak.

Maroela Media het Sondag berig 10 mense is Saterdag in die beweerde padwoede-voorval in Middelburg beseer.

Die voorval het glo plaasgevind nadat ʼn taxibestuurder nalatig bestuur het. “Die bestuurder van ʼn ander motor het glo sy motor voor die taxi ingeswaai en hom gekeer om verder te ry.” Hlathi het gesê die bestuurder van die taxi en die bestuurder van die motor het uitgeklim en begin stry. Die bestuurder van die motor het glo iemand geskakel om hom te kom help, waarna  ʼn groep mense opgedaag het om hulp te verleen. “ʼn Geveg het uitgebreek tussen die groep en die passasiers van die taxi.” Hlathi sê die passasiers in die taxi is aangerand en is glo ook met ʼn verfbalgeweer geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.