Drie in hof oor renosterhoring

Foto: www.rhinoconservation.org

ʼn Groente- en vrugteverkoper, ʼn Transnet-werknemer en ʼn bestuurskooleienaar doen in die Durbanse landdroshof om borg aansoek nadat hulle glo ʼn renosterhoring probeer verkoop het.

Rajendran Moodley, Sithembiso Luthuli en Samgelo Sibiya is op 18 Maart in hegtenis geneem nadat Moodley probeer het om ʼn renosterhoring te verkoop aan ʼn polisieman, wat homself as ʼn lid van die publiek voorgedoen het. Die renosterhoring was sowat een meter lank en het sowat 6,5kg geweeg. Hulle het die horing glo vir R1,5 miljoen probeer verkoop. Luthuli en Sibiya se regsverteenwoordigers het aangedui dat hul kliënte elk sowat R10 000 vir borg sal kan betaal. Moodley se regsverteenwoordiger sê sy kliënt sal sowat R20 000 kan bekostig. Al drie het beweer dat hulle nie ʼn vlugrisiko is nie. ʼn Groep mense het vroeër buite die hof betoog en geeis dat die beskuldigdes borg geweier word. Die borgaansoek sal na verwagting vanmiddag voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.