Drie in hof oor Trompsburg-plaasmoord

Johan Fourie en sy vrou, Cecile Foto: Volksblad

Drie mans het Donderdag in die landdroshof verskyn in verband met die moord op Johan en Cecile Fourie van Trompsburg.

Ao Zweli Mohobeleli, woordvoerder vir die polisie, het gesê die saak teen Moeketsi Hlassa (27), Nkululeko Mvumvu (26) en Phinias Mothibi (29) is tot 25 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel. Die mans het nie aansoek gedoen om borg nie. Twee van die mans het prokureurs van Legal Aid.

Johan Fourie (70) en sy vrou Cecile (73) is met ‘n byl in hul huis op hul plaas Knoppe in die distrik Trompsburg vermoor. Die paartjie het nie op die daaglikse tweerigting-roepsein reageer nie, en het ook nie hul huisfoon Sondagmiddag geantwoord nie. Plaasveiligheid het ondersoek ingestel en hul liggame in ‘n slaapkamer gekry. Volgens die polisie was die huis omgekeer, met ‘n bloedspoor oral. Die kluis is met ‘n slypmasjien oopgesny. ‘n Groot groep inwoners het die hofsaak bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.