Drie in hof vir moord op Kaapse pediater

Dr. Louis Heyns

Drie verdagtes wat van die moord op dr. Louis Heyns (59) beskuldig word, verskyn vandag in die landdroshof in Somerset-Wes.

Heyns was ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en pediater by die Tygerberg-hospitaal. Hy was sedert verlede Woensdagaand vermis, nadat hy by sy broer gaan kuier het

Maroela Media het Donderdag berig Heyns se liggaam is Donderdagoggend in die vroeë oggendure in die Strand-omgewing gevind. Sy liggaam was in ʼn vlak graf onder ʼn boom naby die minigholfbaan in Kusweg begrawe. Die polisie het onverpoosd gewerk om Heyns te vind. Heyns se voertuig, ʼn donkergrys Peugeot 308, is by ʼn motorslaghuis (“chop shop”) in Malmesbury opgespoor, waar die verdagtes, onderskeidelik 32, 37 en 43 jaar oud, in hegtenis geneem is.

Lees ook:
Vermiste pediater dood gevind
Polisie soek steeds na vermiste pediater
Kaapse pediater steeds vermis
Kaapse pediater vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.