Drie in hospitaal ná brand

Drie mense, waaronder twee kinders, is in die MediCinic opgeneem nadat ‘n brand Donderdagoggend in ‘n woonstelblok in Parkweg, Bloemfontein, uitgebreek het.

Chaka Marope, ‘n polisiewoordvoerder, het bevestig dat een persoon ernstig beseer is en dat twee 8-jarige kinders in die hospitaal opgeneem is vir rookinaseming.

“ʼn Brand het in die vroeë oggendure in ʼn woonstel uitgebreek en vinnig na die omliggende woonstelle versprei en skade aan die gebou en besittings aangerig. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie,” het Marope aan OFM gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.