Niemand is nog in hegtenis geneem nadat drie mans en ʼn vrou Dinsdagaand in Kaapstad geskiet is nie.
Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die skietery het omstreeks 22:40 in Belgravia plaasgevind. “Vier persone is geskiet,” het Van Wyk gesê. “Twee mans is op die toneel dood. ‘n Derde man het in die hospitaal aan sy beserings beswyk, en ‘n vrou is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.”
Intussen kon die polisie bepaal dat die drie mans van Tanzanië afkomstig is en die vrou is ‘n Suid-Afrikaner.
“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord,” het Van Wyk gesê.
Die name van die slagoffers is nog nie bekend gemaak nie.
Waarom is die vrou “nie in tel” nie??? DRIE plus EEN is VIER, daar is dus VIER mense geskiet. Of is dit polities inkorrek om vrouens te tel? En dit nogal in VROUEMAAND, skaars ‘n week na VROUEDAG
Apologie, ek sien dit gaan oor DOODgeskiet.
Ja dame , het jy n blonde oomblik gehad. Haha ha die vrouedag storie is eindelik vir die vroue wat geen reg het nie. Ons blanke boere vroue word nie verdruk deur hul mans nie ons is te lief vir julle. My vrou word op die hande gedra en het haar leeftyd nie nodig gehad om te werk nie. My hele paket kry st elke maand en sy bestuur dit so goed. Ek is lief vir haar.