Drie jong mans sterf in N1-ongeluk

Drie jong mans is Saterdagoggend dood nadat hulle motor naby die Grasmere-tolhek op die N1 omgeslaan en gerol het.

ER24 sê in ʼn verklaring dat die bestuurder glo beheer verloor het waarna die motor die pad verlaat het en verskeie kere gerol het. Drie van die vier insittendes is uit die motor geslinger en het sowat 100m van die wrak gelê. Die drie mans het ernstige kopbeserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die vierde insittende is in die wrak gevind. Hy het ligte beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel waarna hy na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.