Drie keer lewenslank na hy verkrag

Die KwaZulu-Natalse wetgewer het die vonnis wat aan ʼn 21-jarige man opgelê is vir die verkragting van ʼn 63-jarige vrou, verwelkom.

Sakhi Mashego is drie keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy die bejaarde vrou verlede jaar in haar huis herhaaldelik verkrag het. Simphiwe Mlotshwa, die staatsaanklaer, sê Mashego het by die vrou se huis ingebreek waarna hy haar drie keer verkrag het en toe geld van haar geëis het. Die vrou het egter nie geld by haar gehad nie en het Mashego haar gedwing om na haar dogter se huis toe te ry om geld te kry. Makhoni Ntuli, voorsitter van die KwaZulu-Natalse wetgewer, sê mans wat vroue mishandel se dae is getel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie Erasmus ·

Mooi, iemand begin wakker word. Net jammer doodstraf is afgeskaf, want mense wat verkag word, het self ‘n doodsvonnis oor hulle wat hulle hulle lewe lank saam met hulle moet dra. Ek glo nie enige persoon, kan so iets vergeet nie, wat nog van die letsels wat liggaamlik en geestelik gelos word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.