ʼn Man van die Oos-Kaap is drie keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van ʼn 11-jarige meisie.
Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, sê Sbekebeke Dyani (53) het die 11-jarige meisie twee jaar gelede verskeie kere verkrag. Die voorvalle het in Makhaza in Oos-Londen plaasgevind waar Dyani as tradisionele geneesheer gewerk het. Mbi sê Dyani is familie van die slagoffer. Dyani is in die hooggeregshof in Oos-Londen gevonnis.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
hiehiehie bend for a friend is sy voorland. laat hy voel hu dit voel.